ENGAFRITA

HEMELLIGGAAM or THE ATTEMPT TO BE HERE NOW
deur Tommaso Fiscaletti en Nic Grobler   

 

HEMELLIGGAAM or THE ATTEMPT TO BE HERE NOW (Die poging om nou hier te wees), is 'n visuele en eksistensiële ontdekking van die mens se verhouding met die omgewing en astronomie. Die projek poog om die interspel tussen ruimtewetenskaplike aktiwiteite en 'n alledaagse bewustheid van ruimte uit te beeld deur 'n kontemporêre perspektief. Die projek is tot 'n groot mate deur Suid-Afrikaanse wetenskapsfiksie geïnspireer, in spesifiek Jan Rabie se Swart Ster oor die Karoo (1957), Die Groen Planeet (1961) en Die Hemelblom (1971). Die fokus van die projek is gemeenskappe, landskappe en objekte in die Wes-Kaap en Noord-Kaap, waar daar 'n spesiale verbintenis en verhouding met die lug is. Geloof en kultuur word saamgelees met natuur en wetenskap, tot 'n holistiese uitbeelding van die hier en nou, waar en wat dit ook al mag wees. 

Iets argaïes word uitgestraal deur die plaaslike gemeenskap in konneksie met hulle wetenskap en tegnologie behoeftes, hierdie projek ondersoek dié konsep deur ‘n vorm van bewustheid wat klaar aktief is - en deur meer te kultiveer deur geselskappe, deelname en refleksie

"Hemelliggaam of Die Poging Om Nou Hier Te Wees" volg 'n diep eksistensiële lyn, waar die mense (beide die historiese en kontemporêre) deur hul eie persepsie van die Heelal verbind word met die natuur - en die manier waarop natuur ditself openbaar.


Kurator
Filippo Maggia

Klank komponis
Alessandro Gigli

In samewerking met
Mattia Vaccari, Lucia Marchetti en 
Michelle Cluver, 
Departement van Fisika and Astronomie, Universiteit van Weskaap-land

Ander spanlede / adviseurs / konsulatante
Davide Chinigo

Ondersteun deur
Nationale Navorsings Stigting

Farnesina : Ministero degli Affari Esteri e della Cooperazione Internazionale

IIC Italian Cultural Institute, Pretoria

Konsulaat van Italië in Kaapstad

 
 

 
HEMELLIGGAAM_ALL_LOGOS_.jpg
 

PERSOONLIKE STERREWAG, CLANWILLIAM, WESTERN CAPE